BUITENPOSTEN-L Archives
Archiver > BUITENPOSTEN > 2004-12 > 1103438247
From: "Gerda Pieterse" <>
Subject: Re: [BP] Vrystelling van slawe
Date: Sun, 19 Dec 2004 08:37:27 +0200
References: <001501c4e544$59720d00$6e00a8c0@active>
Beste Coenraad
Prof C F J Muller skryf in sy boek "Die Oorsprong van die Groot Trek"
Tafelberg ISBN 0 624 00506 2
In die hoofstuk IV onder
Oorsake van die Groot Trek:
Bepaling van die Britse beleid: vier faktore
Hulle uitwerking op die Kolonie
Reaksies van die Afrikaner grensboere soos getref op stoflike gebied
1) Gebrek aan grond
2) Gebrek aan kapitaal
3) Gebrek aan arbeid
4) Onsekerheid van bestaan
Volgens hierdie ondersoek was die bostaande vier faktore die mees belangrike
oorsake van die Groot Trek. Die beheer oor die aanhou van slawe en die
onsekerheid van reëlings betreffende hulle vrystelling en kompensasie was
slegs 'n onderafdeling van griewe onder 3 en 4 genoem. Dit was dus meer 'n
algemene finansiële en veiligheids onsekerheid wat die mense genoop het om
te trek.
Muller skryf verder, en ek haal aan: Vowe, Pedlar, McKenzie en andere [het]
aan luite-goew. Hare geskryf, uit die buurt van Mancazana, Koonap, 1 Sept
1840: "...If some active measures are not promptly adopted for the better
security of this frontier, the English inhabitants will be compelled to
follow the example of their Dutch neighbours, and like them, seek in some
remote district a home, where they may at least have it in their power to
protect themselves"..
My nota:
Daar is en kan boekdele oor geskryf word, maar my insig (waarmee andere
moontlik nie sal saamstem nie) is:
As teenkanting teen die vrystel van slawe wel die spesifieke oorsaak van die
Groot Trek was sou die gebruik in die Republieke voortgesit gewees het
sodra hulle onder die bestel van die Britte uit was. Dit het nie gebeur nie.
In die Republieke is wel goedkoop arbeid probeer bekom deur
'vakleerlingskappe', 'n daarstelling van 'n werkersklasse en deur mense
teen hul sin in arbeid te dwing, maar spesifieke slawerny, wat dus deur die
leiersfigure aangevoer as hoofbeweegrede vir die Groot Trek, het nie deel
van die Republikeinse bestel gevorm nie.
Die groot oorwegende wens en dryfveer was egter vryheid om 'n lewe te kan
maak sonder inmenging van 'n regering wat kontak met die bevolking verloor
het, om hulself te mag beskerm en om genoeg grond te kan bekom om aan die
uiterste groot families se latere behoeftes te kan voorsien. Die
behoeftes, soos heelbo uitgestip, is deur die Republieke aangebied. Volop
grond, volop kapitaal, volop arbeid en die reg om dit te verdedig en behou.
Gerda Pieterse
Richardsbaai
----- Original Message -----
From: "Coenraad Raath" <>
To: <>
Sent: Saturday, December 18, 2004 10:57 PM
Subject: [BP] Vrystelling van slawe
> Beste lysvriende
> Ek was onder die indruk dat die slawe aan die Kaap op 1 Des. 1834
vrygestel is. Die vrystellingsproses en die swak kompensasie word beskou as
een van die oorsake van die Groot Trek. (Kompensasie vir 40% van die
geraamde waarde van die slawe is gedurende 1835 aangekondig, maar dit was
onderhewig aan veel moeite en onkoste, sodat baie slawe-eienaars hul regte
vir die helfte (of minder) van die sigwaarde aan agente verkoop het.)
> Nou lees ek in onlangse koerantberigte en -artikels (i.v.m. die
transkripsie van die Weesheer se rekords in die Kaapse Argiefbewaarplek om
navorsing van die slawegeskiedenis te vergemaklik) dat die vrystellingsdatum
as 1 Des. 1838 beskou word, d.w.s. lank na Piet Retief se Manifes en kort
voor die Slag van Bloedrivier! Toe ek een van die koerantredakteurs daarna
vra, antwoord hy "Die Britse goewerneur aan die Kaap het die datum uitgestel
om sy politieke agendas ter wille te wees. Die slawe is eers in 1838 aan die
Kaap vrygestel."
> Sir Bejamin D'Urban, wie se opdrag was om die vrystelling deur te voer,
was Goewerneur aan die Kaap van 1834 tot 1837. 'n Inboekstelsel
(waarvolgens die vrygestelde slawe eers as "vakleerlinge" deur hul
voormalige eienaars in diens geneem moes word) het vir 4 jaar gegeld. Ek
dink nie dit regverdig die beskouing dat slawerny eers in 1838 afgeskaf is
nie.
> Kan iemand my dalk help om die kloutjie by die oor te kry?
> Groete.
This thread:
| Re: [BP] Vrystelling van slawe by "Gerda Pieterse" <> |