BUITENPOSTEN-L Archives

Archiver > BUITENPOSTEN > 2006-10 > 1159737867


From: "Tobi Swart" <>
Subject: Re: [BP] Vrae n.a.v. sterkennis van Martha Margaretha Haasbroek XPieter Joubert
Date: Sun, 1 Oct 2006 23:34:53 +0200
In-Reply-To: <s51bc14d.031@kov.uovs.ac.za>


Om die vaste eiendom te kon verkoop, moes daar 'n boedel vir die oorlede
eienaar geopen word by die Weesheer OVS, want daar was nie 'n boedel by die
Weesheer ZAR geregistreer nie, aangesien die oorledene dood is voordat dit
verpligtend was om boedels by die Weesheer ZAR te registreer. Haar dood is
gerapporteer aan die plaaslike Veldkornet, dié het dit aan die Landdros
gerapporteer en die landdros Ohrigstad het die saak hanteer. Aangesien daar
geen vaste eiendom betrokke was nie, was daar niks vir die Landdros om te
beredeer nie. Ook toon die kinders se * datums dat hulle nie bewus kon wees
van die eiendom op hulle ma se naam nie. Gevolglik het niemand dit aan die
Veldkornet vermeld nie en kon die saak oor eiendom nie verder deur die
landdros hanteer word nie.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Tobi Swart, professionele navorser by tsearch Pretoria
Tel: (0)12 333 7392; sel: 082 934 5807; faks: 086 618 4574
Posbus 11551, QUEENSWOOD, Pretoria 0121

-----Original Message-----
From:
[mailto:]On Behalf Of Johan Pottas
Sent: 28 September 2006 12:34
To: ;
Subject: Re: [BP] Vrae n.a.v. sterkennis van Martha Margaretha Haasbroek
X Pieter Joubert

Hier is Werner se e-pos en my antwoord daaronder met nog 'n klompie
vrae:
<snip>
Martha Margaretha Haasbroek se Sterfkennis ... kom uit die Vrystaatse
argief.

Hier is meer inligting:
Martha Margaretha Haasbroek d.v. Leendert Johannes Haasbroek en Anna Susanna
Marais
* 18 Feb 1788, Tulbagh (afgelei van SK)
~ 21 Junie 1788, Drakenstein (SAG)
+ 28 Feb 1849, Ohrigstad of Lydenburg (uit SK)
X Pieter Joubert
~ 15 Jan 1783, Roodesand

Ek het drie vrae n.a.v. die SK:
1. Waarom sou sy 'n sterfkennis in die Vrystaatse argief he indien sy in die
Transvaal oorlede is?
2. SAG gee haar sterfdatum aan as 28 Feb 1859, terwyl die sterfkennis dit
aangee as 28 Feb 1849. Het iemand anders moontlik 'n ander bron vir haar
sterfdatum?
3. Wanneer het Sterfkennisse in die Vrystaat verpligtend geword? Ek het 'n
vermoede dat die sterfkennis moontlik lank na haar dood eers ingevul is.
Volgens NAAIRS lyk dit of die SK in 1860 eers ingedien is.

Werner Joubert
=======================================

<snip>
Hier is die gevolgtrekking waartoe ek gekom het nadat ek die hele boedel
deurgewerk het:

Martha Margaretha Joubert gebore Haasbroek, weduwee wyle Pieter Joubert

* Tulbagh
+ 28/02/1849 op 61 jaar en 10 dae, Origstat Transvaal gebiet. (Datum sal
opgeklaar word uit kinders se geboortedatums)
ouers: Leendert Johannes Haasbroek en Anna Susanna Marais.
Kinders genoem op sterfkennis:
Magrita Joubert * 5/8/1812
Gideon Johannes Joubert * 19/2/2814
Pieter Johannes Joubert * 28/10/1816
Anna Susanna Joubert * 21/7/1818
Martha Margaretha Joubert * 29/10/1825
Daniel Joubert * 13/9/1829
Christina Maria Susanna * 24/02/1834 (word nie is SAG vermeld nie)

Van die datums verskil met dié in SAG, ek het nie die gesin self nagevors
nie so kan nie my uitlaat oor die korrektheid van enige datums nie.

Daar is dan ook 'n plaas in die boedel betrokke nl Paardenhoek, nr 271,
Harrismith wat per publieke veiling verkoop is op 3 Oktober 1860 deur die
afslaer EC Bruwer. Dit is die enigste bate in die boedel en die opbrengs is
dan tussen die kinders hierbo vermeld verdeel. (Volgens
intestate erfreg sou al die kinders wat nog geleef het in die boedel vermeld
moes word)

Sterfkennis is onderteken deur Petrus Johannes Slabbert, 'n bloedverwant wat
ook as eksekuteur datief aangewys word.

Dan is daar ook korrespondensie deur die landdros oor 'n Pieter Jacobus
Haasbroek wie se vrou oorlede is op 19/08/1860 op die plaas Driefontein,
Albert, Kolonie Kaap de Goede Hoop, asook 'n kind PJ Haasbroek jnr wat
oorlede is in die KK op 23/12/1860. Ten tye van die skrywe in Augustus
1861 is Pieter Jacobus Haasbroek woonagtig op die plaas Vaalbank,
Bloemfontein.

Wie is die Pieter Jacobus Haasbroek hierbo en met wie is hy getroud.

Johan J Pottas Rekensentrum UV
Tel: +27-51-4012767 werk
Tel: +27-51-5227329 huis
Tel: +27-825693727 sel
Faks: +27-51-4012765 werk
Posbus 34559, Faunasig, 9325
http://pottassjj.com/files/index.php


This thread: