BUITENPOSTEN-L Archives

Archiver > BUITENPOSTEN > 2006-10 > 1159803951


From: "Werner Joubert" <>
Subject: Re: [BP] Vrae n.a.v. sterkennis van Martha Margaretha Haasbroek XPieter Joubert
Date: Mon, 2 Oct 2006 11:45:51 -0400
References: <s51bc14d.031@kov.uovs.ac.za><EKENJFMGALAJAJLKHPEKKECIDMAA.tswart@xsinet.co.za>
In-Reply-To: <EKENJFMGALAJAJLKHPEKKECIDMAA.tswart@xsinet.co.za>


Tobi,

Baie dankie vir die inligting. Die addisionele insigte is baie waardevol!
Net een vraag n.a.v. jou antwoord:
Waarom se jy dat die kinders nie bewus sou wees van die eiendom op hul ma se
naam nie? Jy se dat jy dit aflei uit die kinders se geboortedatums - ek sou
graag jou redenasie wou verstaan.

Baie dankie,

Werner


On 10/1/06, Tobi Swart <> wrote:
>
> Om die vaste eiendom te kon verkoop, moes daar 'n boedel vir die oorlede
> eienaar geopen word by die Weesheer OVS, want daar was nie 'n boedel by
> die
> Weesheer ZAR geregistreer nie, aangesien die oorledene dood is voordat dit
> verpligtend was om boedels by die Weesheer ZAR te registreer. Haar dood is
> gerapporteer aan die plaaslike Veldkornet, diƩ het dit aan die Landdros
> gerapporteer en die landdros Ohrigstad het die saak hanteer. Aangesien
> daar
> geen vaste eiendom betrokke was nie, was daar niks vir die Landdros om te
> beredeer nie. Ook toon die kinders se * datums dat hulle nie bewus kon
> wees
> van die eiendom op hulle ma se naam nie. Gevolglik het niemand dit aan die
> Veldkornet vermeld nie en kon die saak oor eiendom nie verder deur die
> landdros hanteer word nie.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> Tobi Swart, professionele navorser by tsearch Pretoria
> Tel: (0)12 333 7392; sel: 082 934 5807; faks: 086 618 4574
> Posbus 11551, QUEENSWOOD, Pretoria 0121
>
>



This thread: