BUITENPOSTEN-L Archives
Archiver > BUITENPOSTEN > 2007-01 > 1168366351
From: "Simon du Plooy" <>
Subject: [BP] Boland (& Genealogiste)
Date: Tue, 9 Jan 2007 20:12:31 +0200
References: <001901c73114$b2f07b00$0400000a@SIMONTOSHIBA><000001c73282$424b0ae0$4987ef9b@pc>
Edwin, Jean, Charlie et al,
Jean dankie vir die Boland uiteensetting, dit help baie om die tydvak te
probeer bepaal wanneer die du Plooy trek-veeboere pad gevat het Burgersdorp
se rigting.
Charlie en Edwin, die karakters ä ö ü ë is (seker) met die meeste
skootrekenaars moontlik, maar met party soos myne net meer omslagtig - ek
maak Word oop en kies by symbole (symbols) die verlangde en kopieer dan na
die e-pos - soos ek sê meer omslagtig daarom die kortroete via
"genealogiste" --((-:}
Groete,
Simon..
----- Original Message -----
From: "Jean lr Roux" <>
To: <>
Cc: <>
Sent: Saturday, January 06, 2007 10:29 PM
Subject: [SA-Gen] Boland
Simon en ander medegenealoge,
Ek sukkel net soos Simon met die meervoudsvorm van genealoog, maar Simon se
..."logiste" is ook nog te langdradig. Daarom verkies ek ..."loge" tot tyd
en wyl iemand iets beter voorstel.
Die vroegste verwysing na die woord Boland gaan terug na ca 1720 toe sommige
inwoners buite Kaapstad begin besef het dat hul belange en behoeftes verskil
van diegene in Kaapstad self en begin is on die naam te gebruik vir die
winterreenvalstreek noord en oos van die Kuilsrivier. Die naam Boland is
gebruik om aan te dui dat die laagliggende gebied rondom Kaapstad nie deel
daarvan was nie. Op daardie stadium was slegs die die distrikte Stellenbosch
en Drakenstein betrokke. Onstreeks 1770 is daar heel onlogies begin om na
die hoger liggende gebiede verder na die binneland te verwys as die
"Onderveld". Vriendelike Groete.
Jean le Roux Paarl
----- Eerste Berig -----
Van: simon du plooy <>
> Bolanders help en verduidelik ons aub van wanneer af is die streek as
sodanig bekend ? - Was Land van Waveren nie die vroee naam nie?
>
> Simon du Plooy
> Potchefstroom
SAGenealogie is 'n poslys vir die bespreking van genealogiese en
genealogies-verwante aangeleenthede alleenlik, onderhewig aan die
voorwaardes soos uitgespel by http://www.geocities.com/sagenealogie/ Lede
wat aangeleenthede wil opper wat nie van 'n suiwer genealogiese aard is nie,
word versoek om dit nie op die poslys te doen nie, maar dit liefs van die
lys af direk aan die betrokkene te stuur. Probleme, klagtes en voorstelle
vir verbetering moet gestuur word aan:
Besoek ons webblad by:
http://www.geocities.com/sagenealogie/
Yahoo! Groups Links
<*> To visit your group on the web, go to:
http://groups.yahoo.com/group/SAGenealogie/
<*> Your email settings:
Individual Email | Traditional
<*> To change settings online go to:
http://groups.yahoo.com/group/SAGenealogie/join
(Yahoo! ID required)
<*> To change settings via email:
mailto:
mailto:
<*> To unsubscribe from this group, send an email to:
<*> Your use of Yahoo! Groups is subject to:
http://docs.yahoo.com/info/terms/
This thread:
| [BP] Boland (& Genealogiste) by "Simon du Plooy" <> |