BUITENPOSTEN-L Archives
Archiver > BUITENPOSTEN > 2007-03 > 1173125789
From: "Jan C Visagie, Stellenbosch" <>
Subject: [BP] Die Grootrivier van die Suid-Kaap en Karoo
Date: Mon, 5 Mar 2007 22:16:29 +0200
Beste Johan
Ben Cilliers is korrek. Die Grootrivier ter sprake is in die gebied noordwes van Mosselbaai. Hierdie Grootrivier is merkwaardig omdat dit dwarsdeur die Klein Swartberg sny. Die Grootrivier ontspring in die Moordenaarskaroo in die vorm van verskeie klein Karooriviertjies wat dan omtrent almal in die Floriskraaldam suid van Laingsburg loop. Hiervandaan suid is dit dan die Grootrivier wat deur die Klein Swartberg sny. Naby Vanwyksdorp loop die Touwsrivier in die Grootrivier en dan met baie kronkels deur die Klein-Karoo vloei dit net noord van die Langebergreeks in die Gouritzrivier wat dan weer deur laasgenoemde reeks sny en net wes van Vleesbaai by Gouritsmond in die see vloei. Eintlik 'n baie interessante rivier en half jammer dat dit nie enduit die Grootrivier heet nie!
Groete
Jan Visagie
Stellenbosch
This thread:
| [BP] Die Grootrivier van die Suid-Kaap en Karoo by "Jan C Visagie, Stellenbosch" <> |