BUITENPOSTEN-L Archives
Archiver > BUITENPOSTEN > 2007-08 > 1185983737
From: "P Marx" <>
Subject: [BP] Plaasgeskiedenisse/aktes
Date: Wed, 1 Aug 2007 17:55:37 +0200
Johan, Alta, Ursulah.
Hierdie plaasregisters is baie interessant en propvol inligting.
By 'Department Land Affairs' op internet is die volgende adresse vir 'Registrar of Deeds'.
Registrateur van Aktes, Pretoria, bedien deel van Gauteng, deel van Noord-Wes, Mpumalanga en Limpopo.
Privaatsak X183 Pretoria 0001 tel. 012 338 7034 faks 012 338 7103 Kontakpersoon Mr PE Mesefo
Registrateur van Aktes, Johannesburg, bedien deel van Gauteng.
Posbus 61873 Marshalltown 2107 tel. 011 378 2111 faks 011 378 2100 Kontakpersoon Mr AH Stephen
Wanneer jy plaasregisters by bogenoemde aanvra, moet jy die plaasnaam en -nommer gee.
Hier by ons in die Kaapprovinsie is die diens uitstekend by beide die Landmeter-Generaal in Kaapstad en
die Aktekatoor in Kaapstad.
Jy beduie oor die foon vir die Landmeter-Generaal watter plaas jy soek, hulle e-pos die kaart en met
diƩ inligting vra jy die plaasregister by die Akte-kantoor.
Jy betaal per bladsy vir die registers. Ek het verlede jaar R4 per bladsy betaal.
Hoop julle kom reg.
Hester Marx
This thread:
| [BP] Plaasgeskiedenisse/aktes by "P Marx" <> |