BUITENPOSTEN-L Archives

Archiver > BUITENPOSTEN > 2007-08 > 1186035706


From: "Ursulah" <>
Subject: Re: [BP] Plaasgeskiedenisse/aktes
Date: Thu, 2 Aug 2007 08:22:12 +0200
References: <000a01c7d454$8c1f6e80$8c8eef9b@MARX>
In-Reply-To: <000a01c7d454$8c1f6e80$8c8eef9b@MARX>


Hester
Baie dankie vir hierdie inligting
Sal dit beslis probeer.

Vriendelike Groete
Ursulah
Maputo, Mosambiek
-----Original Message-----
From:
[mailto:] On Behalf Of P Marx
Sent: 01 August 2007 17:56
To: ;
Subject: [BP] Plaasgeskiedenisse/aktes

Johan, Alta, Ursulah.

Hierdie plaasregisters is baie interessant en propvol inligting.

By 'Department Land Affairs' op internet is die volgende adresse vir
'Registrar of Deeds'.

Registrateur van Aktes, Pretoria, bedien deel van Gauteng, deel van
Noord-Wes, Mpumalanga en Limpopo.
Privaatsak X183 Pretoria 0001 tel. 012 338 7034 faks 012 338 7103
Kontakpersoon Mr PE Mesefo

Registrateur van Aktes, Johannesburg, bedien deel van Gauteng.
Posbus 61873 Marshalltown 2107 tel. 011 378 2111 faks 011 378 2100
Kontakpersoon Mr AH Stephen

Wanneer jy plaasregisters by bogenoemde aanvra, moet jy die plaasnaam en
-nommer gee.

Hier by ons in die Kaapprovinsie is die diens uitstekend by beide die
Landmeter-Generaal in Kaapstad en
die Aktekatoor in Kaapstad.
Jy beduie oor die foon vir die Landmeter-Generaal watter plaas jy soek,
hulle e-pos die kaart en met
diƩ inligting vra jy die plaasregister by die Akte-kantoor.
Jy betaal per bladsy vir die registers. Ek het verlede jaar R4 per bladsy
betaal.

Hoop julle kom reg.

Hester Marx

-------------------------------
To unsubscribe from the list, please send an email to
with the word 'unsubscribe' without the
quotes in the subject and the body of the message





This thread: