BUITENPOSTEN-L Archives

Archiver > BUITENPOSTEN > 2007-11 > 1194640919


From: "Edwin Conroy" <>
Subject: Re: [BP] Barkhuizen Erasmus
Date: Fri, 9 Nov 2007 22:41:59 +0200
References: <AD11FCA163E0364A99CEA46684BF77CD18EE2F@hsserver.centurionhs.co.za>


Johan
Baiedankie !
Groete
Edwin
----- Original Message -----
From: "Johan Barkhuizen" <>
To: <>
Sent: Friday, November 09, 2007 11:10 AM
Subject: [Norton AntiSpam] Re: [BP] Barkhuizen Erasmus



Edwin
Begin by http://www.geocities.com/erasmussa/, vandaar sal jy 'n skakel
(omtrent heel onder) na Rootsweb kry wat die regiter hou. Hoop die
inligting is daar.
Groete
Johan

-----Original Message-----
From:
[mailto:] On Behalf Of Edwin Conroy
Sent: 08 November 2007 11:45 PM
To:
Subject: Re: [BP] Barkhuizen Erasmus

Johan
Kan jy my asb die adres van die ERASMUS webblad laat kry. My ouma aan
vaderskant was Johanna catharina Gertruida ERASMUS. Haar vader was
Lourens
Francois ERASMUS en haar moeder Johanna Catharina Gertruida ERASMUS
(nooiensvan ERASMUS).
Dankie byvoorbaat
Edwin
----- Original Message -----
From: "Johan Barkhuizen" <>
To: <>
Sent: Thursday, November 08, 2007 10:37 AM
Subject: [Norton AntiSpam] [BP] Barkhuizen Erasmus


Ek het die Erasmus webblad nou vir die eerste keer besoek. Geluk met die
werk. Ek het sommer net my inligting oor die Johan Nicolaas Wilhelm
Barkhuizen huwelik met Anna Catharina Erasmus gekontroleer. Sy was die
oudste dogter van "Oupa Swartkoppies".

Oom Pieter Ernst Elardus Erasmus Barkhuizen, 'n afstammeling van JNW en
Anna Catharina, was Polisie bevelvoerder en stadsraadslid op George. Hy
het altyd grappenderwys vertel hy het al die ou Erasmus name gekry maar
nie 'n enkele sent nie. Ek het maar die familiegeskiedenis van die
Barkhuizens oorgeneem na sy dood.

(www.barkhuizen.co.za <http://www.barkhuizen.co.za/>; ) En ook
interessant is dat sy kleinseun in die VSA nou Pierre is (Die naaste wat
hulle aan swaar PEEE kon kom.



Die rede hoekom ek skryf is dat oom Pieter lank terug aan my 'n
fotostaat gestuur het van 'n brief wat Anna Catharina se broer, Daniel
Eardus (Daantjie Doornkloof) Erasmus, aan haar geskryf het om haar te
vertel van hul pa (Oupa Swartkoppies) se dood. Hy gee die dag en datum,
sy ouderdom en vertel ook van die 5 maande se lyding en sy laaste woorde
aan sy kinders om die sterfbed. In 'n aanhangsel vertel hy ook van die
skokkende dood van een van hul susters (wat met strydom getroud is) se
seuns. Ek dink F Strydom? Hy is vermoor op pad bosveld toe deur swartes
wat sy geweer langs die wa gegryp het en hom op sy bed (waar hy gerus
gerus het) doodgeskiet het.

Ek probeer die oorspronklike opspoor. 'n Erasmus genealoog sal seker
hierin belangstel.


-------------------------------
To unsubscribe from the list, please send an email to
with the word 'unsubscribe' without
the
quotes in the subject and the body of the message




-------------------------------
To unsubscribe from the list, please send an email to
with the word 'unsubscribe' without
the quotes in the subject and the body of the message



-------------------------------
To unsubscribe from the list, please send an email to
with the word 'unsubscribe' without the
quotes in the subject and the body of the message




This thread: