BUITENPOSTEN-L Archives
Archiver > BUITENPOSTEN > 2008-02 > 1202427612
From: "Francois Greeff" <>
Subject: [BP] Greeff Plase
Date: Thu, 7 Feb 2008 23:40:12 -0000
Natanja Greeff en ek het onlangs begin met 'n groot en belangrike projek waarvan julle nog baie sal hoor: Greeff Plase.
Ek wil graag vra dat elkeen wat iets weet van 'n Greeff plaas, dit in die fynste detail vir ons skryf. Maak asseblief, in hierdie verband, 'n lys van al die mense wat op die plaas gebore is, want ons poog om Greeff mense aan hulle grond te koppel.
Greeff Plaas Dokumente en fotos - maw attachments - moet asb na gestuur word want die Buitenposten se rekenaar aanvaar nie attachments nie.
Die inligting wat ons soek gaan oor titelaktes van plase, mineraalregte dokumente, huurkontrakte, plase in boedels en testamente, landkaarte van plase, geskiedenisse en pryse, geboortes op plase, en sterftes en grafte op plase. Ek vra baie mooi, met 'n groot asseblief dat diegene van julle wat ooit op 'n greeff plaas kom die moeite doen om DIE HELE GRAFPLAAS SE GRAFTE, Greeff of nie, af te neem met 'n digitale kamera, en die fotos vir ons te stuur. Plaas grafstene is uiters belangrik want grafstene gee die volle name van mense, en hulle geboorte en sterfte datums, en die verwantskap tussen mense. Dit is baie belangrik om fotos van Greeff Plaas Grafte te neem want die grafstene verweer in wind en reen, en word met tyd heeltemaal onleesbaar.
Ek sal bly wees as julle Sondag op die ou plaas sal gaan kuier, en dan sommer 'n klomp fotos sal neem van die grafte, die plaas huis, skuur, ploeg, perdekar, plaas Bybel, en alles.
Groete,
Francois Greeff
___________________________________
Om by ons Greeff kuiernet ('n epos netwerk) aan te sluit, stuur asseblief 'n epos aan , met net die enkele woord, subscribe, as onderwerp en as inhoud.
Greeff Familie Webblad: www.Greeff.info
36 Aston Road
London
SW20 8BE
United Kingdom of Great Britain
0044 20 8543 6966 (Home) or 020 8543 6966
0044 79 6372 2345 (Mobile) or 079 6372 2345
Skype: Greefffrancois
This thread:
| [BP] Greeff Plase by "Francois Greeff" <> |