BUITENPOSTEN-L Archives

Archiver > BUITENPOSTEN > 2008-02 > 1202573577


From: "" <>
Subject: Re: [BP] Greeff Plase
Date: Sat, 9 Feb 2008 18:12:57 +0200
References: <EEF62099AA6B46489FCFD161F1D65875@your447023ae6b>


Beste Francois

Ek het foto's van GREEFF grafte in Wespark Begrafplaas.

Laat weet asb.as jy belangstel.

Is hier iemand wat my met die volgende kan help ?

Mattheus Johannes GREEFF* ? 1.9.1882 (Graaff Reinet) +27 Nov 1962 x 31 Mar
1908 (Witwatersrand,Johannesburg),Letitia Elizabeth ROOME * ? 13 Dec 1887,
+3 Sep 1960.

Die enigste kind:

Jurgen Hendrik GREEFF.

Kan iemand my se wie Mattheus se ouers is ?

Ek sal die familie se inligting deel.

Groete

Elani

----- Original Message -----
From: "Francois Greeff" <>
To: "1 Buitenposten List" <>
Sent: Friday, February 08, 2008 1:40 AM
Subject: [BP] Greeff Plase


> Natanja Greeff en ek het onlangs begin met 'n groot en belangrike projek
> waarvan julle nog baie sal hoor: Greeff Plase.
>
> Ek wil graag vra dat elkeen wat iets weet van 'n Greeff plaas, dit in die
> fynste detail vir ons skryf. Maak asseblief, in hierdie verband, 'n lys
> van al die mense wat op die plaas gebore is, want ons poog om Greeff mense
> aan hulle grond te koppel.
>
> Greeff Plaas Dokumente en fotos - maw attachments - moet asb na
> gestuur word want die Buitenposten se rekenaar aanvaar
> nie attachments nie.
>
> Die inligting wat ons soek gaan oor titelaktes van plase, mineraalregte
> dokumente, huurkontrakte, plase in boedels en testamente, landkaarte van
> plase, geskiedenisse en pryse, geboortes op plase, en sterftes en grafte
> op plase. Ek vra baie mooi, met 'n groot asseblief dat diegene van julle
> wat ooit op 'n greeff plaas kom die moeite doen om DIE HELE GRAFPLAAS SE
> GRAFTE, Greeff of nie, af te neem met 'n digitale kamera, en die fotos vir
> ons te stuur. Plaas grafstene is uiters belangrik want grafstene gee die
> volle name van mense, en hulle geboorte en sterfte datums, en die
> verwantskap tussen mense. Dit is baie belangrik om fotos van Greeff Plaas
> Grafte te neem want die grafstene verweer in wind en reen, en word met tyd
> heeltemaal onleesbaar.
>
> Ek sal bly wees as julle Sondag op die ou plaas sal gaan kuier, en dan
> sommer 'n klomp fotos sal neem van die grafte, die plaas huis, skuur,
> ploeg, perdekar, plaas Bybel, en alles.
>
> Groete,
>
> Francois Greeff
> ___________________________________
> Om by ons Greeff kuiernet ('n epos netwerk) aan te sluit, stuur asseblief
> 'n epos aan , met net die enkele woord,
> subscribe, as onderwerp en as inhoud.
>
> Greeff Familie Webblad: www.Greeff.info
>
> 36 Aston Road
> London
> SW20 8BE
> United Kingdom of Great Britain
>
> 0044 20 8543 6966 (Home) or 020 8543 6966
> 0044 79 6372 2345 (Mobile) or 079 6372 2345
> Skype: Greefffrancois
>
> -------------------------------
> To unsubscribe from the list, please send an email to
> with the word 'unsubscribe' without the
> quotes in the subject and the body of the message


This thread: