BUITENPOSTEN-L Archives
Archiver > BUITENPOSTEN > 2008-06 > 1212471710
From: "Frikkie Jansen van Rensburg" <>
Subject: [BP] FW: Jansen Van Rensburg Familie
Date: Tue, 3 Jun 2008 07:41:50 +0200
Frikkie Jansen Van Rensburg
Graag kondig ek die beskikbaarheid aan van die e-boek
"Janse(n) Van Renburg Familie", deur F.J.Jansen Van Rensburg
My navorsing van die Janse(n) Van Rensburg, Van der Walt, Pretorius en
Jonkerfamilies het begin na my moeder se dood op 31 Augustus 2006. Nie is my
moeder net 'n groot leemte in my lewe nie maar na haar dood het ek besef dat
daar van die familiegeskiedenis saam met haar verlore is. Daarom wil ek die
boek aan my moeder en my twee seuns opdra. Ek wil iets vir my seuns nalaat
wat moontlik verlore sal gaan as ek die dag nie meer daar is nie.
Aanvanklik het dit met horte en stote gegaan. As mens so iets nog nooit
tevore onderneem het nie is dit moeilik om te weet waar om te begin en hoe
om voort te gaan. Ek het darem weggespring met familie wat altyd behulpsaam
was; al het dit soms baie tyd geverg, het die inligting tog deurgekom.
Sommige van die inligting moes ek nagaan deur sterftekennisse en ander
bronne te gaan naslaan. Daar is nog bepaalde name wat ontbreek en wat met
toegewyde navorsing verkry kan word.
Ek het later by die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika se
Vaaldriehoektak aangesluit en met behulp van hulle getroue ondersteuning en
boeke in die biblioteek, kon ek die boek saamstel.
Dit word vertrou dat hierdie boek aan die familie 'n redelike oorsig oor die
voor- en nasate van ons tak van die Janse(n) van Rensburg, Van der Walt,
Pretorius en Jonkerfamilies sal gee. My hartewens is dat iemand uit die
familie die studie tot voordeel van ons almal sal voortsit en dat beginners
dit sal gebruik om as basis vir hulle eie navorsing te gebruik.
Die Janse(n) Van Rensburg wapenskild vooraan is soos dit voorkom in Die
Groot Afrikaanse Familie-naamboek van C.Pama.
Die boek bevat die volgende afdelings:
Deel 1
Kwartierstaat vir FJ Janse(n) Van Rensburg
b1 c3 d12 e5 f2 g2 h1 i6
Deel 2
Nasate van Gert Stefanus Janse(n) Van Rensburg
b1 c3 d12 e5 f2 g2
Deel 3
Nasate van Tjaart Andries Van Der Walt
b4 c9 d1
Deel 4
Nasate van Gerret Jacobus Pretoruis
b3 c7 d5 e1 f5 g4
Deel 5
Nasate van Adolph Jonker
Stamvader
Deel 6
Nasate van Claas (Nicolaas) Janse(n) Van Rensburg
Stamvader
Ek het vir Colin Pretorius gevra om die Cd deur sy webblad beskikbaar te
stel eerder as om dit self te hanteer. Die Cd kos slegs R120, posgeld en
verpakking ingesluit (pryse in ander geldeenhede is op die
http://www.cdbooks-r-us.com webblad beskikbaar.)
Bestellings kan per epos geplaas word of deur die cdbooks-r-us webblad.
Betaling kan per bankoordrag (binne SA) en Paypal (buite SA) geskied.
This thread:
| [BP] FW: Jansen Van Rensburg Familie by "Frikkie Jansen van Rensburg" <> |