BUITENPOSTEN-L Archives

Archiver > BUITENPOSTEN > 2009-07 > 1246767001


From: "Helene Clark" <>
Subject: Re: [BP] Vir diegene wat al vergeet het en ander wat dalk nie weetnie
Date: Sat, 4 Jul 2009 22:10:01 -0600
References: <004901c9fcbd$782af730$6880e590$@breek@mweb.co.za>


Johann, ek stel belang in die foto van Magdalens van Zyl.
Kan jy dit asseblief vir my skandeer, sal dit baie waardeer.
Helene

----- Original Message -----
From: "Johann H Claassen" <>
To: <>
Sent: Saturday, July 04, 2009 9:38 AM
Subject: [BP] Vir diegene wat al vergeet het en ander wat dalk nie weet nie


Beste vriende,

Ek krap vanoggend hier 'n boek uit by my, genaamd Book of South African
Records (1982) en lees die volgende daarin:

1.Die grootste genealogiese boek wat ooit geskryf is, het in 1894
verskyn en dit heet Geslacht register Der Oude Kaapsche Familien. Dit is
saamgestel deur Christoffel Coetzee De Villiers en beslaan 1400 bladsye
in drie volumes. 1142 families word daarin behandel. Dit is in 1966
opdateer deur Dr. Cor Pama. [die begin van baie boeke daarna]

2.Septimus De Villiers (Oom Seppie) van die Paarl was die 7de seun van
die sewende seun. Hy is gebore op 7 Maart 1867 en getroud op die 27ste
van die maand en hul eerste kind is gebore op die sewende van die maand.
Hy sterf sewe dae na sy 100ste verjaardag. Sy telefoon nommer was Paarl
7 en sy motor het dieselfde nommer gedra! [Laasgenoemde was seker maar
gereël]

3.Die eerste Britse setlaar wat voet aan wal gesit het, was William T
Collen *1803 en oorlede in 1883.

4.Die laaste[langslewende] Setlaar, John Lowne Frost, is oorlede 1913 in
die ouderdom van 97 te Uitenhage.

5.Die langslewende Voortrekker was in 1927 reeds 107 oud. Mev. Magdalena
Van Zyl * 1819 het haar laaste dae deurgebring in Johannesburg. [Foto
beskikbaar vir skandering]

6.Mev. Maria Magdalena Moolman was die langslewende lid van die boere
wat destyds in 1895 na Melsetter in Rhodesië getrek het. Sy sterf op
3 Junie 1981 in die hoë ouderdom van 'n 100 jaar. Haar ouers was deel
van die Steyn-groep.

7.Die langslewende afstammeling en naamgenoot van Adam Tas, sterf op 7
November 1972 in Kaapstad. Hy was 'n dokwerker in Tafelbaai-hawe. Hy was
nooit getroud nie.

8.Die oudste Vrystater op daardie stadium, Jan Harm Van Rooyen bereik
die ouderdom van 107 in 1897. Hy is gebore te George op 4 September
1790. Hy het deelgeneem aan die grens oorloë van 1819, 1835 en 1846.

9.Mev. Theila De Beer van Kroonstad het in die loop van haar ses
huwelike 26 kinders van haar eie gehad asook 24 stiefkinders. Vyftig dus
wat vir haar moeder genoem het.

10.Vier van Beauty en Joseph Msimango se kinders was almal op 1
September gebore[nie vierling nie].

11.Op 34-jarige ouderdom in 1973 was Willie Van Tonder van Parys,
Vrystaat die jongste oupa. Hyself het getrou op ouderdom 17 en sy dogter
op 15.

12.Die jongste ouma in 1981 was Mev Anne Kruger op ouderdom 29. Haar
dogter, Gina (nou Mev. Stock), was 13 jaar oud tydens die geboorte van
haar seun Damien. [die boek sê nie hoe oud en wie die pa was van
Damien nie].

13.Die grootste familie in die Vrystaat op daardie stadium was die gesin
van Abel Jordaan en sy vrou Elizabeth. 5 seuns en 10 dogters. Twee
getroud, nege op skool en vier by die huis.

14.Suid-Afrika se eerste 'creche' vir babas was in 1911 ingestel in
Durban.

Geniet die Saterdag aand.

Johann

Claassen/Victor/James/Waterson/Pozyn/Wagenaar/Cronje




-------------------------------
To unsubscribe from the list, please send an email to
with the word 'unsubscribe' without the
quotes in the subject and the body of the message



This thread: