BUITENPOSTEN-L Archives

Archiver > BUITENPOSTEN > 2009-10 > 1256404493


From: "Pieter du Venage" <>
Subject: Re: [BP] VANDAG IN DIE GESK.: HET VAN ONSHUGENOTEVOOROUERSDITOORWEEG OM KATOLIEKE TE WORD?
Date: Sat, 24 Oct 2009 19:14:53 +0200
References: <140e31ab0910211308m628f073m8266db8f81962be0@mail.gmail.com><!~!UENERkVCMDkAAQACAAAAAAAAAAAAAAAAABgAAAAAAAAACd6SHkfnhU2pBetjLkJLvcKAAAAQAAAAZxtKexfKU0WSK2AzeTMhyQEAAAAA@mjsjordaan.co.za><140e31ab0910230426y48590d47x8137efa3741b23e1@mail.gmail.com><5DAA5A37DCD34C5DA40EE85B8AEE8504@ERNEST>


Hallo Ernst en Daniel

Julle gesprek is baie insiggewend. Dit was nog altyd by my 'n onbeantwoorde
vraag oor hoekom die Franse taal en kultuur destyds byna heeltemal verdwyn
het in die Kaap. Net enkele Franse woorde is in Afrikaans opgeneem.
Hulle nageslag se name en vanne is dan so volop, maar waar is die taal en
kultuur? As die Nederlanders sulke voorwaardes gehad het, kan mens dit nou
beter probeer verstaan.

Groete
Pieter du Venage



----- Original Message -----
From: "Ernest Bessinger" <>
To: <>
Sent: Saturday, October 24, 2009 9:18 AM
Subject: Re: [BP] VANDAG IN DIE GESK.: HET VAN ONS
HUGENOTEVOOROUERSDITOORWEEG OM KATOLIEKE TE WORD?


>
> Daniel,
>
> Ek het vergeet om te noem. Een van die groot beperking op die Franse in SA
> was die opsê van hulle kultuur in die algemeen. Die Nederlanders het hulle
> toegelaat op voorwaarde dat hulle met die gemeenskap saamwerk en nie hulle
> eie beleide vorm nie (nie dat heeltemal suksesvol was nie).
>
> Nog 'n punt wat ek vergeet het was daar baie families was wat gevlug het.
> Meeste na Nederland en Duitsland en dan later na Amerika, Afrika en die
> Ooste. Baie van die Suid Afrikaanse Hugenote kom nie direk uit Frankryk
> hier
> aan nie maar van Nederland.
>
> Groete
> Ernest Bessinger, Waterpoort.
>
>> -----Original Message-----
>> From: [mailto:buitenposten-
>> ] On Behalf Of Daniel Jacobs
>> Sent: 23 October 2009 13:27
>> To:
>> Subject: Re: [BP] VANDAG IN DIE GESK.: HET VAN ONS HUGENOTE
>> VOOROUERSDITOORWEEG OM KATOLIEKE TE WORD?
>>
>> Hallo Marthinus
>>
>> Dankie vir die boodskap. Dit is reg so, wat my egter baie interesseer
>> is dat Guy Tachard beweer het dat van die Hugenote aan die Kaap - ook
>> van die wat na Batavië verhuis het (ek het ook nie geweet van hulle is
>> Batavië-toe nie!!) - genoem het dat hulle wou terugkeer (of is dit
>> dalk terug-bekeer?!) na die Katolisisme. Vandat ek my verstand kom kry
>> het, het o.a. my Pa van tyd tyd verwys na ons afkoms van die Hugenote
>> (o.a. via Pierre Jacob, Jacques Malan ens).
>>
>> Daar is natuurlik in 'n baie positiewe gesindheid na hulle verwys, dat
>> hulle bereid was om vir hulle geloof te vlug (en by implikasie dat ons
>> ook bereid moet wees om lyding te verduur vir ons geloof). Nou lees ek
>> dat van die Hugenote dalk nie so ernstig was oor hulle geloof as wat
>> ek altyd gedink het nie. Nie dat almal van hulle natuurlik Engeltjies
>> was nie. Was dit bv. nie die Hugo-stamvader wat bekend was vir sy
>> humeur nie?!
>>
>> Groete
>>
>> Daniel
>> www.gendata.co.za
>
>
>
> --
> This message has been scanned for viruses and
> dangerous content by Pinpoint, and is
> believed to be clean.
>
>
>
>


This thread: