BUITENPOSTEN-L Archives

Archiver > BUITENPOSTEN > 2011-07 > 1310586012


From: Daniel Jacobs <>
Subject: [BP] Vandag in die Gesk: "...gedugte Amasone in vollewapenrusting..."
Date: Wed, 13 Jul 2011 21:40:12 +0200


Beste Vriende

Ek dink ek is met die onderstaande stuk darem nog net-net binne die reëls -
:) ? of (: ?. Dit gaan oor ons Hollandse voorouers se 80-jarige Oorlog teen
die Spanjaarde.

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n boek gekoop van Eric Stockentrom met die titel
Die Afrikaanse Vrou - Die Vrou in die geskiedenis van die
Hollands-Afrikaanse Volk – ‘n Beknopte oorsig van die rol wat die vrou in
die geskiedenis van Suid-Afrika gespeel het in die 350 jaar tussen 1568 en
1918. Die boek is in 1918 wat in 1918 uitgegee is.

Die 80-jarige Oorlog tussen Katolieke Spanje en Protestantse Nederland het
van 1568-1648 geduur. Die Beleg van Haarlem was deel van die Oorlog. Op 13
Julie 1573 het die inwoners van Haarlem oorgegee weens hongersnood. Hulle
weerstand het die Nederlanders egter so gemotiveer dat Alkmaar later in die
jaar ‘n soortgelyke beleg kon weerstaan. Dit word as ‘n keerpunt in die
Oorlog beskou.

By http://en.wikipedia.org/wi​ki/Alkmaar<http://en.wikipedia.org/wiki/Alkmaar>;
staan: “In 1573 the city successfully withstood a siege by Spanish forces
under the leadership of Fernando Álvarez de Toledo, 3rd Duke of Alba. It was
a turning point in the Eighty Years War and gave rise to the expression Bij
Alkmaar begint de victorie ("Victory begins at Alkmaar"). The event is still
celebrated every year in Alkmaar on October 8, the day the siege ended”

In die Sint-Bavo Kerk in Haarlem kan 'n mens vandag nog die volgende lees:

In dees grote nood, in ons uutereste ellent
Gaven wij de stadt op door hongers verbant
Niet dat hij se in creegh met stormender hant.

of dan

In this great need, in our uttermost misery,
we gave up the city, forced by hunger,
not that he took her by storm.

In Stockenström se boek lees ek op bl. 21 die volgende:

“Behalwe die 3,000 verdedigers binne die mure van Haarlem was daar ook ‘n
bende van driehonderd gewapende vroue. Die heldinne was besiel met vurige
patriotisme, en dit was hul beslistheid en vasberadenheid wat die manne
aangespoor het om te volhard tot die bitter einde. Hulle het aan die sy van
die manne gestaan met sabel, spies en geweer gewapen. Hul aanvoerster was
die beroemde Kenau Hasselaer, 'n weduwee van onbesproke karakter, nit 'n
adelike famielie. Sy was 'n bejaarde dame van byna vyftig jaar, en as
leidster van die driehonderd heldinne het sy in al die heftigste gevegte
binne en buite die mure van Haarlem deelgeneem, en menige Spaanjaard moes
terugdeins, wanneer die gedugte Amasone in volle wapenrusting met vaste hand
te velde getrek bet.

As die moeders van Haarlem met so 'n vurige patriotisme en geesdrif besiel
was, kon daar inderdaad g’n halfhartige krygsman in die geledere van die
waders wees the. Die morele invloed van die vroue was so groot, en hul
dapperheid het die verdedigers met so 'n grote mate van geesdrif,
beslistheid en hardnekkigheid vervul, dat hulle 'n eenparige besluit geneem
het om die stad nooit sonder 'n heftige stryd aan die vyand oor te gee nie.”

By http://en.wikipedia.org/wi​ki/Kenau_Simonsdochter_Has
selaer<http://en.wikipedia.org/wiki/Kenau_Simonsdochter_Hasselaer>;
lees
ek
“Kenau Simonsdochter Hasselaer (1526–1588) was a wood merchant of Haarlem,
Netherlands She was the daughter of Simon Hasselaer and Grietje Koen. When
the city was besieged by the Spanish, she led a company of women in defence
of the city, becoming famous for bravery. Around the date the city
surrendered, she was able to flee.

By resolution of 2 September 1574, she became Weighing House Master and
Collector of Peat in the city of Arnemuiden. In 1577, she is mentioned in
documents as an inhabitant of Leyden. Not long after, she bought a ship to
resume her trade as wood merchant. In May 1589, her daughters sued skipper
Lieven Hansz from Holstein for this ship. During the trial, it was proven
that she left port for Norway in 1588 and disappeared. Lieven Hansz stated
that he had bought the ship in Flensburg from the port official charged with
selling deserted ships. It is therefore often assumed that she died at the
hands of pirates, but other theories exist also.

Her name lives on in colloquial Dutch. Originally, it stood for female
bravery, but as social role models developed, the word kenau came to stand
for "shrew".”

In M.J. Koenen en J. Endepols se Verklarend Handwoordenboek der Nederlandse
Taal staan die volgende:

Keanu, v. –s (bazige, potige vrouw; naar Kenau Hasselaar, bekend door het
beleg van Haarlem, 1572-’73).

Bazig, bn. bw. (de baas willende spelen): een –e jongen; - spreken.

Potige, bn., bw. (stoer, sterk; met flinke handen): een –e kêrel; een –
wijf, fors

Die betekenis van “shrew” is: feeks, wyf, teef, heks, helleveeg.

So waar Kenau Hasselaar se voornaam weens haar dapperheid aanvanklik die
woord was wat vir “vroulike dapperheid” gebruik is, het dit nou meer as 400
jaar later ‘n baie negatiewe betekenis.

Nog ‘n Engelse vertaling vir shrew is: “A bad-tempered or aggressively
assertive woman”

Groete

Daniel Jacobs
www.gendata.co.za

Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl)
Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith)
Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp)
Louw/Brink (Kaapstad/Wellington)
De Vos (De Doorns/Wellington)
Malan (Wellington/Zeerust)
Ungerer (Swellendam)
Smith (Wellington)



This thread: